Laas opgedateer: 22 Oktober 2026

Privaatheidskennisgewing: Treknet

Wie ons is

Treknet word bedryf deur Willie Rossouw (eenmansaak) en help boere om trekker- en implementonderdele by handelaars te vind. Ek is die verantwoordelike party en inligtingsbeampte. Kontak: hulp@treknet.co.za

Watter inligting ons versamel

  • Boere: naam, foonnommer, e-pos, afleweringsadres (straat, dorp, provinsie, poskode), jou rekening-aanmelding (e-pos), en die onderdeelversoek met foto's en nota.
  • Handelaars: handelsnaam, dorp, kontakbesonderhede en die handelsmerke wat hulle dek. Hierdie inligting is nie openbaar nie.
  • Hulpversoeke: die vraag of fout wat jy via die Hulp-knoppie stuur, en ons antwoord.
  • Besighede wat nog nie by Treknet is nie: ons soek openbare besigheidsinligting (naam, dorp, foon, e-pos, webwerf) op Google Maps en besigheidswebwerwe om trekkeronderdele-handelaars in die Wes-Kaap te vind. Ons stuur so 'n besigheid hoogstens een uitnodiging per e-pos, met 'n afteken-skakel; wie afteken, kry niks meer nie. Ons gebruik dit vir niks anders nie.

Hoekom

Om 'n boer se onderdeelversoek aan handelaars deur te gee, kwotasies terug te bring, en betaling en aflewering te reël. Ons gebruik die boer se adres om handelaars naby hom te kies. Alles word deur Treknet hanteer.

Wie dit sien

Handelaars sien net die onderdeelversoek (handelsmerk, model, onderdeel, gewenste toestand, foto's en nota). Hulle kry nie die boer se naam, adres, e-pos of foonnommer nie. Boere kontak nie handelaars direk nie en weet nie van watter handelaar 'n onderdeel kom nie. Alles gaan deur Treknet. Net die inligting wat nodig is, word met ons diensverskaffers gedeel: PayFast verwerk betalings (ons sien nooit jou kaartbesonderhede nie), die koerier (bespreek via Bob Go) kry die naam, foonnommer en afleweringsadres wat nodig is om af te lewer, en e-posse word via Resend gestuur. Vrae aan die Hulp-knoppie word beantwoord deur 'n KI-hulpbot van ons KI-verskaffer; moenie persoonlike besonderhede daarin sit nie. Foto's is privaat en word net gewys aan die mense wat dit nodig het. Ons verkoop nie jou inligting nie.

Hoe lank ons dit hou

Boer-versoeke word na 90 dae uitgevee. Handelaarrekeninge word bewaar solank dit aktief is.

Sekuriteit

Ons bêre inligting veilig en beperk toegang tot wie dit nodig het.

Jou regte

Jy kan vra om jou inligting te sien, reg te stel of uit te vee. E-pos hulp@treknet.co.za. Jy kan ook 'n klag by die Inligtingsreguleerder indien: inforeg.org.za.

Toestemming

Deur 'n versoek en rekening te plaas, stem jy in tot hierdie gebruik van jou inligting.